Welkom by Kleuterzone Heidelberg

Mona de Buys

Hoof

Brief uit DIE Hoof se pen:

Welkom by Kleuterzone Heidelberg.

Heidelberg is n pragtige dorpie aan die voet van die Suikerbosrand. Dit is n dorpie ryk aan geskiedenis, n mooi omgewing met goeie mense.

Tussen hierdie pragtige berge is waar Kleuterzone Heidelberg in Junie 2019 hulle deure oopgemaak het vir die kindertjies van ons dorp. Ons leuse is “Waar drome begin”.

Hier is ouers se belangrikste geskenke aan ons toevertrou, ons kinders. Ons streef daarna om met elke kind as ‘n individu te werk, elkeen het sy eie unieke persoonlikheid, hulle is na alles tog die juweeltjies in Jesus se kroon.

Wat ‘n groot voorreg om met kinders te mag werk. Ons word omhels met liefde as hulle by die skool in stap. Elke dag is anders en dit is aansteeklik. Ons, ouers en tannies is deel van God se groot plan om hierdie kindertjies toe te vou in liefde en omgee sodat hulle kan groei waar hulle geplant word. Waar dans en sing jy heeldag en kan jy as groot mens soos ‘n kind saam die maats buite speel in die sand en modder? Vir my en my personeel is dit werklik ‘n voorreg om so diens te kan lewer.

By Kleuterzone Heidelberg streef ons om te leer en slim te word terwyl ons baie pret het en speel. Ons poog om kindertjies in hierdie wêreld in te stuur, wat met selfvertroue, dissipline, goeie maniere, respek vir jou medemens, harte vol liefde en ‘n gees van goedheid. Hul moet ‘n verskil maak in die wêreld. Ons is ‘n Christelike skooltjie wat daarna streef om ons kindertjies op te voed volgens die beginsels van God.

Kom besoek ons gerus en kom kyk na ons uitstekende fasiliteite en kom ervaar sommer die warm familiegevoel wat by ons skooltjie heers. 

Getuigskrifte

Hoe nou gemaak? Met ‘n druk besige werksprogram tussen Mamma en Pappa, hoe op aarde kry ‘n mens dit dan reg om nogsteeds net die beste vir jou kosbare bloedjies te gee? Die antwoord hierop is eintlik heel eenvoudig. Waar is jou kinders en by wie is jou kinders wanneer jy moet afwissel tussen jou verskeie verantwoordelikhede as ‘n werkende ouer? In my geval moes dit iemand wees wat my kinders se veiligheid heelbo op hul prioriteitslys het. Iemand wat my kinders se individuale behoeftes ken en ander vaardighede leer en ontwikkel. Iemand wat my kinders elke dag van die Here vertel en belangrike waardes in hulle kweek wat hulle sal kan help in hul lewens voorentoe. Iemand wat omgee en luister as my kinders ‘n storie het om te vertel of selfs net vertroosting en liefde nodig het. Iemand soos ek… Daarom is hierdie keuse van waar en by wie jy jou kinders los dan so belangrik. By Kleuterzone ken ek my kinders se onderwyseresse persoonlik en ek weet dat hulle net die beste vir my kinders wil hê. Daar word persoonlik met my gekomunikeer oor belangrike aspekte van my kinders se ontwikkeling. Hulle doen fisiese aktiwiteite om fiks te bly. Hulle kry gesonde kos en versnapperings deur die dag. Hulle word daagliks van Die Here vertel en elkeen se unike persoonlikheid word ontwikkel en gekoester. My ‘mamma-hart’ is rustig as my kinders by Kleuterzone is, maar bowenal – my kinders is gelukkig! Baie dankie Mona en elkeen van die personeel wat soveel belê in elkeen van ons kinders.
KleuterZone Heidelberg Ouer
Ouer
Die oomblik toe ons in 2019 by Kleuterzone Heidelberg ingestap het, en my 18 maande oue, introvert dogtertjie dadelik by ‘n klassie ingehardloop het en saam begin dans het, het ons geweet KleuterZone Heidelberg is ONS skool. Hier is ons 5 jaar later, en my dogter is tans al in die groot skool in graad R. KleuterZone Heidelberg het haar van hierdie skaam baba dogtertjie gevat en haar ingeneem met soveel liefde. Vir haar om groot skool toe te gegaan het vanaf KleuterZone was ‘n “breeze” agv die fondasie wat KleuterZone by haar vasgelê het. My seuntjie is ook al van 8 maande oud af by KleuterZone Heidelberg en maak ook al amper klaar. Die kinders is mal oor hulle “tannies”. Die liefde en omgee wat my kinders ontvang het van KleuterZone Heidelberg in die 5 jaar en steeds doen, is onbeskryflik! Dankie KleuterZone Heidelberg, dat julle so mooi kyk na my kinders. Julle is hulle tweede huis en die opgewondenheid in hulle oor die skool en tannies laat my hart van blydskap oorborrel. Ons is geseend met julle in ons dorpie en in ons lewens. Ons is julle ewig dankbaar!
Sunette Kotzee
Ouer
Ons het nie 'n baie goeie ervaring by 'n vorige skool gehad nie, en daarom het ons besluit om met Mona te gesels oor die oorskakeling van ons seuntjie na Kleuterzone toe hy 1 jaar en 4 maande oud was. Dit was aan die einde van die jaar, maar Mona het ons professioneel en vriendelik gehelp en verwelkom. Ons seuntjie is nou 3 jaar oud en is uiters gelukkig. Al die juffrouens is opreg lief vir die kinders, en ons kan duidelik sien hoe ons kind ontwikkel het. Ons beveel Kleuterzone beslis aan en sal dit met almal deel waar ons ook al gaan.
KleuterZone Heidelberg Ouer
Ouer
My little one has been with the school since she was a year old and she currently 3. I have seen so much growth in her, she can count from 1-10 and knows all her colours and that is a huge big ups to the teachers who have handled her with so much grace. I’m one to vouch for the school because of how well taken care of she is. There was an instant where she was sick at the school, her temperature was taken and she was given medication for the fever, and I was alerted, from that day onwards I just knew that we made a right choice with the school !
Makhanane
Ouer
We were very anxious in placing our daughter in a Nursery School, after a bad experience with a previous day care, but from day one Ntokozo fell in love with Kleuterzone and everyday she looks forward to going to school to the staff /teachers that are caring and compassionate. We go to work knowing that she is in good hands, and she is with people who will take care of her as if she is their own. The teachers are great, and they always keep us informed of her progress(health as well) or whatever concerns we may have. We love Kleuterzone and Ntokozo loves it even more. It is truly a place WHERE DREAMS BEGIN
KleuterZone Heidelberg Ouer
Ouer
Wil net vir Mona en al die personeel van Heidelberg Kleuterzone se baie dankie vir n wonderlike konsert (kinkels in die winkels) om te dink ek wou nie eens dat my seuntjie deelneem nie want ekt gedink hy gaan skaam wees en Mona het n oomblik van vreugde in hom gesien en laat weet nee hy moet deelneem, ons het dit so geniet en kon sien al die liefde moeite en aandag wat daaraan gegee is julle is so spesiaal en word baie baie wardeer. Dankie Mona.
KleuterZone Heidelberg Ouer
Ouer
Lehandri het in 2023 by Kleuterzone Heidelberg in geval. Die juffrouens en hoof was so vriendelik gewees dat Lehandri en mamma natuurlik sommer baie welkom gevoel het. Die eerste twee dae was maar rof want dit is nuwe maats maar sy het sommer vinnig tuis gevoel. Lehandri was in n klein skooltjie gewees waar hulle nie rerig baie moeite gedoen het nie. Haar verslae het meer afwesig of n nul getoon omdat hulle nie moeite wou doen nie. In n tydperk van 8 weke in Kleuterzone het ek n groot verbetering gesien in my kind. Nie net het sy soveel dinge begin leer noe maar sy het self vir ons kom vertel hoe hulle elke oggend bybel lees in klas. Dit was vir ons die beste keuse om haar hier in die skool tesit. Ons harte is seer dat sy volgende jaar Groot skool toe moet gaan maar ons weet dat sy skool gereed is. Dankie Juffrou Mona en al die tannies vir julle harde werk in ons kinders Ons se dit nie altyd nie maar ons waardeer julle. Liefde mamma Ellerman
Mamma Ellerman
Ouer
Kleuterzone se personeel het ‘n hart vir ons kinders. Hulle passie spoel oor in alle areas van die skool om ‘n gesonde leer en speel atmosfeer te skep. Die resultaat… gelukkige kinders by die skool en by die huis.
Elmari Heymans
Ouer
Elke liewe ouer soek regtig net die beste vir hulle kinders. Ons soek n skooltjie waar ons kinders kan leer en speel, n skool met goeie Christelike waardes en natuurlik waar ons kinders veilig is en voel. Ek kon nie vir n beter skool gevra het as KleuterZone nie. Julle voldoen regtig aan elke ouer se verwagtinge. KleuterZone is soos n tweede huis vir albei my kinders. Julle is soos n familie vir ons en Mona en haar pragtige personeel behandel ons kinders asof hulle-hulle eie is. Ons kinders word op die beste manier gestimuleer en leer elke dag n nuwe dingetjie, of dit nou n dansie, n liedjie of n gebedjie is, hulle kan nie wag om by die huis te kom en ons te wys en vertel nie. Mona se deure is altyd oop vir raad of enige navrae en hou ons as ouers gedurig ingelig oor wat hulle vir die kinder leer en waarmee hulle besig is en sy deel graag n boodskap of n fototjie sodat jy altyd deel voel van jou kinders se dag. Dankie vir alles wat julle vir ons kinders doen en wat julle vir hulle beteken. Julle is uitstekend en ons is baie lief vir julle.
Jackie
Ouer
Met die tye van vandag is dit werklik moeilik om nog kind te kan wees… Nie by Kleuterzone Heidelberg nie. As my kinders vir my sê: “Mamma, mamma die bome dans in die wind, kyk die blomme glimlag vir die son en die voëltjies sing vir Liewe Jesus… om die fyn goedjies van die lewe raak te sien is wat Kleuterzone Heidelberg hul kinders leer. In hierdie skooltjie is God nommer een en elke kind se hartjie straal van geluk en liefde. Kleurezone Heidelberg kan ek verseker my familie noem, eenheid en ondersteuning kom natuurlik by Heidelberg Kleuterzone. Ouers, kinders en personeel staan saam om mekaar te help, ondersteun en lief te hê Werksopdragte word met passie en opwinding gedoen, kinders kan nie wag om nog te leer nie want Kleuterzone Heidelberg sien potensiaal in elke liewe kind en maak seker elke kind groei op hul unieke manier.
KleuterZone Heidelberg Ouer
Ouer
As ouer wil ’n mens tog net die beste vir jou kindjie hê… Jy wil hê jou kinders moet geken wees met maniere, respek, waardes en opvoeding. Kleuterzone Kleuterskool het dadelik my hart gesteel die dag toe ons dogtertjie nog ’n baba was en ons as ouers vir haar ’n tweede tuiste moes soek. Die respek, waardes en opvoeding was meteens sigbaar in die onderwysers. Ons dogtertjie is al 4 jaar lank by Kleuterzone Kleuterskool. Sy is lief vir elke juffrou, ken al die maats en kom elke dag met iets nuuts by die huis wat geleer is. Dankie dat julle nie net sommer ’n skooltjie is nie, maar ’n tweede huis is vir ons. Dankie dat julle ons dogtertjie leer daar waar ons soms tekortskiet. Dankie vir julle as onderwysers wat ’n hart, ’n passie en net ook soos ’n mamma is vir ons dogtertjie. Indien jy as ouer wonder oor Kleuterzone Kleuterskool… Hierdie is verseker jou kind se tweede huis.
KleuterZone Heidelberg Ouer
Ouer
We are part of Kleuterzone Heidelberg for approximately 4 years of their 5-year existence and out of our experience, they are great with the children but to us, they are considered family. All staff members are friendly and their main focus is to ensure they are the best example for the children in their school. We have noticed a massive improvement in our twins from their first year being with Kleuterzone Heidelberg. We can confirm that our twins have improved in their integrity and respect towards their friends as well as a firm structure for our religion. Kleuterzone Heidelberg have excellent communication skills and they definitely go the extra mile to ensure each parent is comfortable and have all required information. At Kleuterzone Heidelberg there is a culture where everyone stands together for the better good, from staff members to children to parents. Their education program is brilliant as they are extremely patient with each child individually also considering the growth milestone of each child and they ensure that learning is fun for the children. Their food is off great standard but most important to us is the love they have for each individual child. We definitely recommend Kleuterzone to any parent as only the best can be accepted when dealing with children and at Kleuterzone Heidelberg they are the best...
Lydia
Ouer